My time with the Black Mambas: by Donna Kouter, Net vir Pret Barrydale

Ek het verwag om militaristiese, tawwe jong vroue te ontmoet want dis die beeld wat ek gekry het toe ek vooraf inligting gesoek het om myself voor te berei vir ons besoek aan die Black Mamba’s. Ja hulle was fikse tawwe jong vroue maar ek was aangenaam verras, veral toe ons eers begin gesels oor ons kinders ‘n onderwerp wat alle ma’s verbind maak nie saak wie of wat jy is nie – oud, jonk, verskil van agtergrond of taal, ons almal was moeders, sisters, tannies, niggies, vroue.

Na ons patrollie van 20 kilometer wat ek en Aja end uit gestap het al het ons die opsie gehad om saam met een van die voertuie terug te kom, het ons saam met die Bush Babies deelgeneem aan hulle vakansie program. Dit was een van die vele hoogtepunte van my besoek. Ek het nie verwag om so vêr van die huis af met kinders te werk nie! Dit was wonderlik – daar was veral een seuntjie wat onmiddelik in my hart gekruip het, hy was die stilste van almal maar met als wat hy gedoen het, het hy met soveel konsentrasie gedoen, ek kon elke kind se persoonlikheid sien veral toe hulle diere beeldjies gemaak het van klei wat ons spesiaal vir hulle gaan haal het uit die Olifants rivier.

Maar om terug te keer na die eintlike doel van ons besoek, ek het vir Carol (een van die Black Mamba’s) meer vertel oor ons storielyn van ons show, een van die onderwerpe was “ancestoral graves on privately owned game reserves”, ons kon regtig “relate” want ons stories was amper dieselfde, toegang tot die grafte van ons voorvaders is nie vrylik beskikbaar nie – of ons kan glad nie die graftes besoek nie of ons moet eers toestemming kry en verbasend genoeg ontmoet ons vir Dr. Michelle Henley op die laaste dag van ons reis wat wonderlike inligting met ons deel oor die begrafnis ritueel van olifante en hoe olifante terugkeer na die “grafte” van hulle voorvaders, hoe toevallig is dit! Want net soos vir olifante is dit vir ons ook belangrik om weer die “gebeendere” van ons mense te besoek en hulde te bring aan hulle.

Ons gesprek met Dr. Michelle het ons werklik meer insig gegee oor Olifante. Voor my blootstelling aan olifante (ons wonderlike besoek aan Addo Olifant Park) en die stryd vir hulle oorlewing was olifante nie hoog op my prioriteits lysie nie. Ons bly in ‘n klein gemeenskappie, meer as die helfte van ons het nog nooit eers ‘n lewendige olifant gesien nie en wat nie naby jou gebeur nie is soms nie vir jou belangrik nie want die daaglikse lewe is soms vir baie van ons ‘n stryd vir oorlewing, maar ek het geleer deur net om te gee en ander bewus te maak kan ook ‘n verskil maak.

Die verbintenis en ooreenkomste tussen ons en olifante is so wonderbaarlik dat ek nie onaangeraak en ‘n buitestaander kon bly nie. Hoe Olifante omgee vir hul eie het my laat besef ek moet meer omgee vir my eie.

Ek het gewonder hoe die Balck Mamba’s kon doen wat hulle doen, elke dag sonder enige teken van vermoeienis. Hoe kan hulle vir die meerderheid van hulle tyd weg wees van hul geliefdes en nog steeds met soveel trots, soveel passie en soveel toewyding hulle take verrig? Die black mamba’s het my geleer dat dit belangrik is om te dink aan my toekoms en aan my doel – My toekoms sluit nie net mense in nie dit sluit ook diere in. Hierdie vroue het ‘n doel, dis wat hulle so passievol en gemotiveer maak, wat is my doel, wat is my rol?

Ek is Donna, my rol en doel is Versorger!

Dankie Handspring Trust vir die moontlikhede en geleenthede wat ek, ons, van Net vir Pret Barrydale kon beleef!

Donna Kouter

img_6269

Advertisements

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s